ORFFER & VAN DER MERWE
  • Home
  • About us
  • Services
    • Accreditation Management
    • Recruitment, Selection & Placements
    • Truth Verification
    • Black Economic Empowerment
    • Payroll & Farm Management (FMA ) Software
    • Temporary Employment Services
    • Skills Development
    • Executive Coaching & Leadership Development
    • Personal Administrative Service
    • Labour Legislation & Employers’ Representation
    • Occupational Health & Safety
  • Clients
  • Careers / Jobs
    • Administration
    • Agriculture
    • Construction
    • Finance
    • General/ Other
    • Management
    • Retail
    • Sales & Marketing
    • Technical/ Mechanical/ Electrical/ Chemical
    • International
  • Our Associates
  • Latest News
  • Contact
  • Upload CV

Junior Bedryfstoer Wes-Kaap 2025

3/12/2025

0 Comments

 

Orffer & van der Merwe het weer sy jaarlikse opvoedkundige bedryfstoer vir junior bestuurswerknemers van tafeldruif produsente in die Benede Oranjeriviergebied aangebied vanaf 02-07 Maart 2025.

Die doel van hierdie besoek is om toerlede die geleentheid te bied om die bedryf in die Wes-Kaap te verken en hulself te meet en te leer uit ervarings en suksesse van ander produsente, diensverskaffers en ander belanghebbendes. 

Dit word bereik deur toerlede aan sekere verwante bedrywe in die Wes-Kaap voor te stel en om hulle na plekke te neem waar hulle verwysingsraamwerk verbreed kan word.

Hierdeur word toerlede se visie verbreed tov beste praktyke, nuwe tegnologie en boerderymetodes wat weer tot voordeel van produsente se eie boerdery en hul bedryf aangewend kan word.

Ons was hierdie jaar ʼn lekker groot groep van 53 lede, wat bestaan het uit werknemers van Groenheuwel Boerdery, Karstens Boerdery, Triple D Farms, Dole SA en Nel Broers sowel as ons 2023 & 2024 OPRA Agri Presteerder van die jaar wenners van Green Valley Nuts en Styrkraal.

Ons wil baie dankie sê aan die volgende instansies wat ons besoek het, as deel van die toer, hulle het soveel moeite gedoen met ons besoek:
-Fruitfly Africa in Stellenbosch (vrugtevlieg projek)
-Kelpak te Muizenberg
-Epping vars vrugte- en groentemark
-MPACT  kartonfabriek te Epping
-Stellenpak pakhuis te Klapmuts
-Voorgroenberg Kwekery te Wellington
-Wellington Wines.

Ander besienswaardighede wat by die toer ingesluit was, is:
-Besoek aan Tafelberg
-Bootrit te Houtbaai
-Besoek aan V&A Waterfront Akwarium
-Besoek aan Exotic Animal World Klapmuts
-Bywoning van ‘n sokker wedstryd te Kaapstad/Athlone Stadium.
 
Dan wil ons ook baie dankie sê aan ons drywers van VR1 Transport, wat verseker het dat ons veilig by elke bestemming uitkom.
​
Ons glo dit was vir elke toerlid ʼn baie opvoedkundige en insiggewende toer, wat elkeen nog lank sal bybly. 

0 Comments



Leave a Reply.

    Latest News

    Read the latest news, feedback and exciting developments from our team

    Archives

    September 2025
    March 2025
    November 2024
    October 2024
    September 2024
    April 2024
    December 2023
    November 2023
    July 2023
    June 2023
    April 2020
    November 2019
    September 2019
    July 2019
    March 2019
    October 2018
    August 2018
    March 2018
    August 2017
    July 2017
    May 2017
    November 2015
    September 2015
    August 2015
    June 2015
    December 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    November 2013
    February 2012
    January 2012

    Categories

    All
    News

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.