![]() PAYROLL ADMINISTRATION SERVICES ORFFER & VAN DER MERWE Payroll Administration services offers clients, irrespective of the size of your organization, the benefits of specialized payroll outsourcing solutions performed by professional payroll specialists. Outsourcing non-core functions has become a trend more organizations are looking toward to reduce overhead expenses and to ensure legislative compliance. Why outsource your payroll? • Confidentiality • Affordability • Stress-free tax year ends • Legally compliant • UIF, SDL as well as WCA • Statutory information supplied • Payslips delivered • Various customized reports • Leave administration • Backup of systems • Cost effective with no software licenses, staff or training needed • Procurement recognition benefits of a B-BBEE Level 2 Company For more information, a no obligation demonstration or quotation contact Marie van der Merwe (054) 331-3336 or 076 904 6564 or [email protected]
Orffer & van der Merwe Menslike Hulpbronpraktisyns het hul inisiatief om hul kliënte se personeel deur middel van bedryfstoere te ontwikkel verder uitgebrei en ‘n groep van 14 bestuurders in hoofsaaklik die tafelduifbedryf na die jaarlikse Fruit Logistica varsvrugte skou in Berlyn Duitsland geneem. Bestuurders van AC Viljoen Boerdery, Kleinbegin Boerdery, Sweet Sensation, Groenheuwel Boerdery, Ebenaeser Boerdery, Omdraai Landgoed, Duiwelsnek Boerdery, Indigo Farms, Red Sun en Upington Tuindienste het die toer meegemaak.
Fruit Logistica is ‘n varsvrugte skou wat jaarliks aan die begin van Februarie in Berlyn Duitsland plaasvind. Daar was vanjaar 3700 uitstallers van oor die wêreld tydens die skou. Tydens die geleentheid word produsente die geleentheid gebied om hul unieke produkte aan die internasionale mark bekend te stel. Dit dien verder as skakel tussen die produsent en potensiële kliente ten einde toekomstige markte te vestig. Gedurende die tydperk van drie dae is daar deurlopende lesings wat bygewoon kan word ten opsigte van verskeie aspekte van die varsvrugte bedryf. Die geleentheid dien as venster vir die wêreld varsvrugtemark en stel produsente instaat om hulself ten opsigte van wêreld standaarde te kan meet en te kan beplan vir toekomstige uitbreidings. Die positiewe impak en sukses van die bywoning van hierdie geleentheid het tot gevolg gehad dat die versoek gerig is aan Orffer & van der Merwe om weer ‘n toer te reël na die geleentheid gedurende Februarie 2019. Die komende Fruit Logistica skou sal op 6 - 8 Februarie 2019 plaasvind. Indien daar belangstelling is om die geleentheid mee te maak, kan daar gerus geskakel word met ons kantore. Beperkte aantal plekke is egter beskikbaar. Kontak die kantoor op die volgende nommers: 062 795 4778 074 836 2403 084 988 1329 Orffer en Van der Merwe in samewerking met Oranje Rivier Wynkelders bied weer ‘n Motiveringsgeleentheid vir Dames op Sekretaressedag aan met die tema:
“Message in a bottle”. Twee geleenthede word beplan vir 4 & 5 September 2018, vanaf 14:00-17:00. Op Dinsdag 4 September 2108 word daar ‘n geleentheid te Kalahari Gateway Hotel, Kakamas aangebied terwyl Woensdag 5 September 2018 se geleentheid by OWK se Proelokaal te Upington aangebied sal word. Tydens die geleentheid gaan dames op fisiese, psigiese en emosionele vlak bederf word. Bederf jul sekretaresse, ontvangsdame en/of damespersoneel op Sekretaressedag en belê in interne motivering wat weer binne u maatskappy toegepas sal kan word. Kostes beloop slegs R345 per persoon wat ‘n motiveringsessie, “food and wine pairing” en geskenkpak insluit. Verskeie gelukstrekkings word ook uitgegee deur verskeie borge. Vir bespreking en of enige verdere navrae skakel vir Gwendoline of Narika by (054) 331 3336. Beperkte aantal plekke is beskikbaar tydens beide geleenthede. U is ook welkom om van die geleentheid gebruik te maak om u besigheid te bemark deur betrokke te raak by die gelukstrekkings. Erkenning word aan alle borge tydens die geleentheid asook in die media na afloop van die geleenthede gegee. Bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom. Moet dit nie misloop nie! Vriendelike groete Narika Lategan (Opleidingsbeampte) In ons kompeterende sakewêreld is professionaliteit binne die werksomgewing uiters noodsaaklik . Orffer en Van der Merwe bied op Dinsdag 27 Maart 2018 ‘n werkswinkel aan wat fokus op die betrokke onderwerp ten einde uitnemendheid binne u werksomgewing te verseker.
Aspekte wat tydens die kursus aangespreek sal word is soos volg:
Datum: 27 Maart 2018 Tyd: 09:00 – 16:00 Plek: Upington (Venue sal op 27 Maart 2018 aan u deurgegee word). Kostes beloop R695.00 (BTW uitgesluit) per persoon wat ‘n ligte middagete insluit. Om u plek te bespreek kontak Narika by 072 5487168 of Charolize by 054 -331 3336 voor of op Vrydag 23 Maart 2018. Narika Lategan (Opleidingsbeampte) |
Latest News
Read the latest news, feedback and exciting developments from our team Archives
March 2025
Categories |