To apply for any of these positions, please click here.
LATEST POSITIONS
Hierdie gevestigde uitvoer tafeldruif groep beskik oor die volgende uitdagende beroepsgeleentheid vir ‘n dinamiese, energieke individu met ʼn passie vir wingerd & pekanneut boerdery om deel van hul span te word.
TEGNIESE BESTUURDER: AGRONOMIE
KAKAMAS OMGEWING
Vereistes:
Om aansoek te doen, stuur cv met verwysing MTBA voor 18 November 2024 aan [email protected]
TEGNIESE BESTUURDER: AGRONOMIE
KAKAMAS OMGEWING
Vereistes:
- Minimum BSc Agric, maar verkieslik ‘n MSc Agronomie graad, met minstens 10 jaar bewese ervaring in agronomiese tegniese bystand in verkieslik wingerdboerdery en Pekanneute.
- Tegniese kennis op wingerd gesondheid, voeding asook kultivars.
- Toepaslike kennis van Gulf- en Mottech besproeiings rekenaarstelsels.
- Uitstekende bestuur-, leierskap-, en navorsingsvaardighede.
- Sterk kommunikasievaardighede en die vermoë om effektief met spanlede en bestuur te kommunikeer en opleiding te bied.
- Hoë vlak van akkuraatheid en aandag aan detail.
- Goeie rekenaarvaardighede met uitstekende Excel-vaardighede.
- Vaardigheid om onafhanklik onder druk te werk en effektief tyd te bestuur.
- Bogemiddelde probleem oplossing vaardighede en innoverende denke.
- Verantwoordelik vir die gevorderde tegniese ondersteuning van totale wingerd eenhede en pekanneut boorde se besproeiing, bemesting en chemie bestuur wat insluit:
- Beplanning, skedulering en toepassing van besproeiing in die wingerde en boorde.
- Beplanning en toepassing van kunsmis in die wingerde en boorde.
- Beplanning en toepassing van chemiese bespuitings op die wingerde en boorde.
- Ontwikkel en implementeer tegniese opleiding van toepaslike agronomiese onderwerpe.
- Onderhandeling en skakeling met eksterne navorsers i.v.m. navorsingsprojekte.
- Bywoning van Expo ‘s ens. om evaluasie te doen van nuwe tegnologie.
- Byhou van akkurate tegniese rekords.
- Projek beplanning, en -bestuur om doelwitte te bereik.
Om aansoek te doen, stuur cv met verwysing MTBA voor 18 November 2024 aan [email protected]
Hierdie gevestigde, gediversifiseerde besproeiings boerdery in die Noord-Kaap spesialiseer in die produsering in wisselbou met gewasse soos aartappels, uie, sojabone, lusern, koring, mielies sowel as rosyne wingerd, beskik oor die volgende uitdagende posisie vir ‘n dinamiese, selfgedrewe persoon as deel van hul bestuurspan:
BESTUURDER: GROENTE + WISSELBOU
(ALEXANDERBAAI OMGEWING)
Vereistes:
- Ons wag op aansoeke van hardwerkende individue met ‘n passie vir boerdery, wat oor goeie bestuursvaardighede beskik, ondersteun deur ten minste 5 jaar ondervinding in alle aspekte van aartappels, uie, koring en lusern.
- Bogemiddelde rekenaarvaardighede.
- Goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede.
- Die vermoë om onafhanklik, maar as deel van gemotiveerde span te opereer.
- Deeglike tegniese agtergrond van spilpunte, bemesting en bespuitings.
Oorhoofse pligte sal insluit:
- Kontrole en toesig oor alle produksie aktiwiteite.
- Maksimalisering van opbrengs per Ha en verbetering van wins marges.
- Bestuur van en beheer oor kostes, produktiwiteit van arbeid en gehalte bestuur.
- Toepassing van tegniese aanbevelings.
Ondervinding in die bestuur van stropers, basiese meganiese agtergrond, asook ‘n toepaslike landbou kwalifikasie dien as verdere aanbeveling dien.
Daar word ‘n mededingende vergoedingspakket met voordele eie aan die bedryf aan die pos gekoppel volgens kwalifikasie en ondervinding.
Stuur u volledige CV met verwysing MRGW aan [email protected]
Indien u nie binne drie (3) weke na die sluitingsdatum gekontak word nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.