ORFFER & VAN DER MERWE
  • Home
  • About us
  • Services
    • Accreditation Management
    • Recruitment, Selection & Placements
    • Truth Verification
    • Black Economic Empowerment
    • Payroll & Farm Management (FMA ) Software
    • Temporary Employment Services
    • Skills Development
    • Executive Coaching & Leadership Development
    • Personal Administrative Service
    • Labour Legislation & Employers’ Representation
    • Occupational Health & Safety
  • Clients
  • Careers / Jobs
    • Administration
    • Agriculture
    • Construction
    • Finance
    • General/ Other
    • Management
    • Retail
    • Sales & Marketing
    • Technical/ Mechanical/ Electrical/ Chemical
    • International
  • Our Associates
  • Latest News
  • Contact
  • Upload CV
To apply for any of these positions, please click here.

LATEST POSITIONS


Ons kliënt, 'n gevestigde tafeldruif- en rosyneboerdery, beskik oor die volgende uitstekende loopbaangeleentheid vir 'n gekwalifiseerde en selfstandige kandidaat.

GEKWALIFISEERDE DIESEL- /TREKKERWERKTUIGKUNDIGE
STRAUSSBURG, UPINGTON OMGEWING

Vereistes:
• Gekwalifiseerde Dieselwerktuigkundige of Trekkerwerktuigkundige.
• Minimum 3–5 jaar toepaslike werksondervinding.
• Bewese ondervinding in die herstel en instandhouding van landbou-implemente.
• Goeie tegniese en probleemoplossingsvaardighede.
• Vermoë om onafhanklik te werk en take doeltreffend te prioritiseer.
• Goeie organisatoriese vaardighede en aandag aan detail.
• Geldige bestuurslisensie. 'n Swaarvoertuiglisensie sal tot u voordeel strek.

Verantwoordelikhede:
• Diagnose, herstel en instandhouding van trekkers, vragmotors, bakkies en ander plaasvoertuie.
• Onderhoud en herstel van landbou-implemente en werkswinkeltoerusting.
• Voorkomende instandhouding om stilstand van toerusting te beperk.
• Foutopsporing en herstel van meganiese stelsels.
• Beplanning en administrasie rakende werkswinkelaktiwiteite en onderdele.
• Handhawing van 'n veilige, netjiese en georganiseerde werkswinkel.

'n Mededingende salaris, volgens kwalifikasies en ondervinding, word aan die pos gekoppel.

Rig u volledige CV, met verwysing MVLD, voor 21 Augustus 2026 aan:[email protected]

​Indien u nie binne drie (3) weke na die sluitingsdatum gekontak word nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. "

Ons kliënt, 'n gevestigde instansie wat spesialiseer in die verkoop, installeer en diens van sonpaneel-pompe, -batterye, -omsetters asook wind turbines, beskik oor die volgende pos vir ‘n praktiese, self-gemotiveerde kandidaat met sober gewoontes.

SONKRAG & VERKOELING INSTALLEERDER / -TEGNIKUS
UPINGTON

Vereistes:
- Ons wag op aansoeke van dinamiese kandidate met minstens 2-3 jaar ondervinding in ʼn soortgelyke pos.
- Sterk probleemoplossings-vaardighede.
- Bogemiddelde menseverhoudings en kommunikasievaardighede.
- Goed rekenaarvaardig.
- Die vermoë om as deel van ‘n span te funksioneer.
- Geldige rybewys.
- Bereid om na ure en naweke te werk soos nodig.
- Kennis in verkoeling insallasies sal tot u voordeel wees.

Verantwoordelikhede sluit in maar nie beperk tot:
- Installasie van sonkrag sisteme.
​- Insrallasie van Verkoeling sisteme.
- Bemarking van sonkrag produkte.
- Konsultasies met kliënte.
- Kwotasies doen.

Daar word ʼn onderhandelbare vergoedingspakket aan die pos gekoppel.

Rig u CV met verwysing MAST aan: [email protected]

Indien u nie binne 3 weke na die sluitingsdatum gekontak word nie, kan u aanvaar dat aansoek onsuksesvol was

Powered by Create your own unique website with customizable templates.