Op 12 Mei 2017 het die personeel van Orffer & Van der Merwe getof en getooi in hul pantoffels voor Wimpy se deure opgedaag om hul deel by te dra tot die “Reach for your slippers” veldtog.
Die projek is deur die Reach for a Dream-organisasie geloods om fondse in te samel vir kinders tussen die ouderdomme van 3 tot 18 jaar wat aan lewensbedreigende siektes ly ongeag hul ras, kultuur, geslag en omstandighede. Die organisasie is in 1988 gestig deur Owen Parnell, wie ʼn visie gehad het om die kinders se drome te laat bewaarheid.
Orffer & Van der Merwe lewer ‘n verskeidenheid van dienste in die werksplek om ook daagliks drome te laat bewaarheid. Hierdie dienste sluit in werwing, keuring en plasing van kandidate, organisasie- ontwikkeling, vaardigheids-ontwikkeling en opleiding, “executive coaching”, alle aspekte rakende arbeidsverhoudinge waaronder verteenwoordiging in die CCMA, lone en klokstelsels, swart ekonomiese bemagtiging, beroepsgesondheid- en veiligheidsdienste asook die elektroniese byhou van alle personeel-data wat in besighede gegenereer word.
Vir meer inligting oor hul dienste besoek gerus hul webblad by www.orffervandermerwe.com of kontak hul kantoor by (054) 331-3336 vir hulp of navrae.