ORFFER & VAN DER MERWE
  • Home
  • About us
  • Services
    • Accreditation Management
    • Recruitment, Selection & Placements
    • Truth Verification
    • Black Economic Empowerment
    • Payroll & Farm Management (FMA ) Software
    • Temporary Employment Services
    • Skills Development
    • Executive Coaching & Leadership Development
    • Personal Administrative Service
    • Labour Legislation & Employers’ Representation
    • Occupational Health & Safety
  • Clients
  • Careers / Jobs
    • Administration
    • Agriculture
    • Construction
    • Finance
    • General/ Other
    • Management
    • Retail
    • Sales & Marketing
    • Technical/ Mechanical/ Electrical/ Chemical
    • International
  • Our Associates
  • Latest News
  • Contact
  • Upload CV

Opleidingsgeleentheid: Professionaliteit binne die werksomgewing

3/14/2018

0 Comments

 
​In ons kompeterende sakewêreld is professionaliteit binne die werksomgewing uiters noodsaaklik .   Orffer en Van der Merwe bied op Dinsdag 27 Maart 2018 ‘n werkswinkel aan wat fokus op die betrokke onderwerp ten einde uitnemendheid binne u werksomgewing te verseker. 
 
Aspekte wat tydens die kursus aangespreek sal word is soos volg:
 
  • Selfbeeld & Professionaliteit
  • Noodsaaklikheid van produkkennis
  • Telefoon as instrument
  • Professionele beantwoording en aanspreekvorme
  • Tipes oproepe en hantering van die probleem kliënte
  • Skryf en versorging van ‘n professionele epos en sakebrief
 
Datum:           27 Maart 2018
Tyd:                09:00 – 16:00
Plek:               Upington (Venue sal op 27 Maart 2018 aan u deurgegee word).
  
Kostes beloop R695.00 (BTW uitgesluit) per persoon wat ‘n ligte middagete insluit.  Om u plek te bespreek kontak  Narika by 072 5487168 of Charolize by 054 -331 3336  voor of op Vrydag 23 Maart 2018.
 
Narika Lategan
(Opleidingsbeampte) 
0 Comments

Oranjerivier Water vir Wes-Kaap Boere

3/14/2018

1 Comment

 
Orffer & van der Merwe onderneem jaarliks  Bedryfstoere na die Wes-Kaap vir Junior Bestuurders.  Hul borg  ook elke jaar die ORPA Plaaswerker van die jaar op die betrokke geleentheid wat deur Thabiso Masilo,  wat as 2017 se wenner aangekondig was,  bygewoon is.  Tydens die 2018 geleentheid het Junior Bestuurders van SMB Boerdery,  Triple D Farms,  Ebenaeser Boerdery,  A&C van Niekerk Boerdery, Vrugbaar Boerdery en SONOP Boerdery in Namibië die geleentheid meegemaak.

​Die doel van die Bedryfstoer is om toerlede die geleentheid te bied om hulself te meet en te leer uit ander werknemers in soortgelyke poste se ondervinding en suksesse.  Dit word bereik deur toerlede aan sekere verwante bedrywe in die Wes-Kaap voor te stel en om hulle na plekke te neem waar hulle verwysingsraamwerk verbreed kan word.  Hierdeur word toerlede se visie verbreed,  wat weer tot voordeel van die boerdery in hul eie omgewing aangewend kan word.
Opvoedkundige besienswaardighede wat besoek is het MPACT en die Kaapse Mark te Epping ingesluit.  Verder was FPT (Fresh Produce Terminal) in die Kaapse hawe besoek waar toerlede kon sien hoe hul boerdery se produkte verskeep word na die buiteland.  KELPAK te Simonstad,  FruitFly Africa en Voorgroenberg Kwekery is ook besoek aangesien dit deel vorm van die Tafeldruif bedryf.  STELLENPAK Pakstoor te Simodium is besoek om toerlede se kennis van die werking van ‘n gemeganiseerde Pakstoor te verbreed. Hulle is ook aan soortgelyke bedrywe in die landbousektor blootgestel soos die besoek aan ‘n bessieplaas,  By den Weg en Hartenberg Wynlandgoed.  Dit was dan by Hartenberg Wynlandgoed waar toerlede kanne water oorhandig het vir gebruik deur werknemers wat in die wingerde besig was om wyndruiwe te oes.
 
Vir baie toerlede is dit hul eerste besoek aan die Wes-Kaap en om hierdie rede word daar gereël dat toeriste-attraksies ook besoek word. Die groep het Tafelberg, die Akwarium in die V&A Waterfront asook  ‘n bootrit te Houtbaai na Seal Island meegemaak wat vir groot opwinding onder toerlede gesorg het. 
 
Die Bedryfstoer bied jaarliks aan toerlede die geleentheid om hul visie te verbreed en as persoon op alle vlakke te ontwikkel.  Ontwikkeling vind nie net binne hul beroep plaas nie maar ook op emosionele en interpersoonlike vlakke.  Dit wys weereens dat produsente in die Benede Oranjerivier-streek belê in hul personeel se ontwikkeling en groei. Die leuse van Offer & van der Merwe, “Partnering your success” maak dit jaarliks moontlik dat besighede en maatskappye deur middel van ‘n goed-opgeleide, gemotiveerde werkskorps kan groei en ontwikkel en hoogtes binne hul bedryfsomgewing kan bereik.   
 
Besighede wat ook belangstel dat daar vir hulle bedryf so ‘n geleentheid gereël word, is welkom om met ons kantore te skakel.


Picture
Picture
Picture
1 Comment

    Latest News

    Read the latest news, feedback and exciting developments from our team

    Archives

    March 2025
    November 2024
    October 2024
    September 2024
    April 2024
    December 2023
    November 2023
    July 2023
    June 2023
    April 2020
    November 2019
    September 2019
    July 2019
    March 2019
    October 2018
    August 2018
    March 2018
    August 2017
    July 2017
    May 2017
    November 2015
    September 2015
    August 2015
    June 2015
    December 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    November 2013
    February 2012
    January 2012

    Categories

    All
    News

    RSS Feed