Op 2 September 2015 het Orffer & Van der Merwe hul jaarlikse tradisie voortgesit en hul Sekretaresse Dag funksie aangebied. Ons tema vir die jaar was “ Dress for Success” met die oog op die emosionele en fisiese “rokke” wat elke vrou in haar lewe moet aantrek. Gasspreker Narika Lategan het elke vrou geïnspireer om hul “rokke” met trots en eer te dra en ook om ons verskillende verhoudings te koester. Skoonheidsterapeut Lisa Viviers het ʼn praktiese grimeersessie aangebied en basiese wenke gedemonstreer vir elke dag kantoorgrimering terwyl klere ontwerper Ann- Lee die moets en moenies vir professionele kantoordrag uit gelig het. Die dag is aangebied by Three Gables Gastehuis in Upington en Cerina van Blerk, eienaar van die gastehuis, het ook ʼn vinnige maar elegante vingerhappie voorberei. Elke dame het ʼn geskenk pakkie gekry om saam te neem met allerlei tydskrifte, geskenkbewyse en ʼn eetbare ruiker. Namens almal teenwoordig wil ons die werkgewers bedank vir die belegging wat hulle in hul dames gemaak het. Soos Yves Saint Lauren beaam “... what is important in dress is the woman who is wearing it.” |
Latest News
Read the latest news, feedback and exciting developments from our team Archives
November 2024
Categories |