Orffer & van der Merwe onderneem jaarliks Bedryfstoere na die Wes-Kaap vir Junior Bestuurders. Hul borg ook elke jaar die ORPA Plaaswerker van die jaar op die betrokke geleentheid wat deur Thabiso Masilo, wat as 2017 se wenner aangekondig was, bygewoon is. Tydens die 2018 geleentheid het Junior Bestuurders van SMB Boerdery, Triple D Farms, Ebenaeser Boerdery, A&C van Niekerk Boerdery, Vrugbaar Boerdery en SONOP Boerdery in Namibië die geleentheid meegemaak.
Die doel van die Bedryfstoer is om toerlede die geleentheid te bied om hulself te meet en te leer uit ander werknemers in soortgelyke poste se ondervinding en suksesse. Dit word bereik deur toerlede aan sekere verwante bedrywe in die Wes-Kaap voor te stel en om hulle na plekke te neem waar hulle verwysingsraamwerk verbreed kan word. Hierdeur word toerlede se visie verbreed, wat weer tot voordeel van die boerdery in hul eie omgewing aangewend kan word.
Opvoedkundige besienswaardighede wat besoek is het MPACT en die Kaapse Mark te Epping ingesluit. Verder was FPT (Fresh Produce Terminal) in die Kaapse hawe besoek waar toerlede kon sien hoe hul boerdery se produkte verskeep word na die buiteland. KELPAK te Simonstad, FruitFly Africa en Voorgroenberg Kwekery is ook besoek aangesien dit deel vorm van die Tafeldruif bedryf. STELLENPAK Pakstoor te Simodium is besoek om toerlede se kennis van die werking van ‘n gemeganiseerde Pakstoor te verbreed. Hulle is ook aan soortgelyke bedrywe in die landbousektor blootgestel soos die besoek aan ‘n bessieplaas, By den Weg en Hartenberg Wynlandgoed. Dit was dan by Hartenberg Wynlandgoed waar toerlede kanne water oorhandig het vir gebruik deur werknemers wat in die wingerde besig was om wyndruiwe te oes.
Vir baie toerlede is dit hul eerste besoek aan die Wes-Kaap en om hierdie rede word daar gereël dat toeriste-attraksies ook besoek word. Die groep het Tafelberg, die Akwarium in die V&A Waterfront asook ‘n bootrit te Houtbaai na Seal Island meegemaak wat vir groot opwinding onder toerlede gesorg het.
Die Bedryfstoer bied jaarliks aan toerlede die geleentheid om hul visie te verbreed en as persoon op alle vlakke te ontwikkel. Ontwikkeling vind nie net binne hul beroep plaas nie maar ook op emosionele en interpersoonlike vlakke. Dit wys weereens dat produsente in die Benede Oranjerivier-streek belê in hul personeel se ontwikkeling en groei. Die leuse van Offer & van der Merwe, “Partnering your success” maak dit jaarliks moontlik dat besighede en maatskappye deur middel van ‘n goed-opgeleide, gemotiveerde werkskorps kan groei en ontwikkel en hoogtes binne hul bedryfsomgewing kan bereik.
Besighede wat ook belangstel dat daar vir hulle bedryf so ‘n geleentheid gereël word, is welkom om met ons kantore te skakel.