Orffer en Van der Merwe in samewerking met Oranje Rivier Wynkelders bied weer ‘n Motiveringsgeleentheid vir Dames op Sekretaressedag aan met die tema:
“Message in a bottle”.
Twee geleenthede word beplan vir 4 & 5 September 2018, vanaf 14:00-17:00. Op Dinsdag 4 September 2108 word daar ‘n geleentheid te Kalahari Gateway Hotel, Kakamas aangebied terwyl Woensdag 5 September 2018 se geleentheid by OWK se Proelokaal te Upington aangebied sal word.
Tydens die geleentheid gaan dames op fisiese, psigiese en emosionele vlak bederf word. Bederf jul sekretaresse, ontvangsdame en/of damespersoneel op Sekretaressedag en belê in interne motivering wat weer binne u maatskappy toegepas sal kan word.
Kostes beloop slegs R345 per persoon wat ‘n motiveringsessie, “food and wine pairing” en geskenkpak insluit. Verskeie gelukstrekkings word ook uitgegee deur verskeie borge.
Vir bespreking en of enige verdere navrae skakel vir Gwendoline of Narika by (054) 331 3336. Beperkte aantal plekke is beskikbaar tydens beide geleenthede. U is ook welkom om van die geleentheid gebruik te maak om u besigheid te bemark deur betrokke te raak by die gelukstrekkings. Erkenning word aan alle borge tydens die geleentheid asook in die media na afloop van die geleenthede gegee.
Bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom. Moet dit nie misloop nie!
Vriendelike groete
Narika Lategan
(Opleidingsbeampte)